Dekade se Ballades Gian Groen

by PDBY Staff | Mar 1, 2014 | Entertainment

 

Op Dekades van Ballades word Gian Groen se uitstaande digterlike aanleg weereens duidelik te skou geplaas. In liedjies “Naaste Krans”, “Swerwer” en “Vader van Vrede” is hierdie talent veral opmerkbaar. Die lirieke oor die algemeen is deur die hele album meer substansieel as ander huidige Afrikaanse pop kunstenaars op die radio. Dit verseker dat die album meer as net oppervlakkige plesier aan die luisteraar bied, maar steeds modern bly. Alhoewel die titel dit stel om ? versameling van ballades te wees, is daar ook verskeidenheid tussen die inhoud van die musiek en is glad nie beperk tot temas van liefde nie.

Die harmonieë op die album is opgewek, goed uitgelê en van uitstekende kwaliteit. Die eerlike natuur van die musiek skep diepte terwyl die opgewonde gevoel daarvan vele gehore sal kan aantrek.

Die kaliber van Gian Groen se warm stem is ook ? aspek wat sy musiek verryk. Alhoewel sy stemtoonomvang beperk is deur die gerasperde aard daarvan, is hy alhoewel  nogsteets in staat om daardie hinderpaal grasieus te oorkom en toereikend te werk met dit wat hy het.

As ? man van Stellenbosch wat tans op ? plaas in Grabouw bly kan aanhangers verwag om nog vele meer wonderlike samestellings te ontvang. Die stilte en ontspanning van die platteland is sonder twyfel ? gepasde opset om musiek te skryf, en die volgende album sal verseker net so suksesvol wees soos die huidige.

RATING: 3.5/5

Perdeby het 5 kopieë van Gian Groen’s Dekade van Ballades om weg te gee. Die eerste vyf deelnemers sal hulle eie CD wen! Stuur jou naam en selfoon nommer na entertainment@peredby.co.za.

Website | view posts