Broeiende Planne

by PDBY Staff | Mar 29, 2010 | News

HENALI KUIT

Dalk het jy al ? eureka-oomblik onder ? Jakarandaboom gehad en niemand om jou idees mee te deel nie. Die UP Besigheid Inkubator wil opgekropte idees onder Tukkies se Jakarandabome ontgin en in die besigheidswêreld loslaat. Die Inkubator is ? ondersteuningsnetwerk vir jong entrepreneurs wat sy tuiste in ons universiteit se Fakulteit Ekonomies en Bestuurswetenskap het. Die program, wat die leuse “vereenvoudig entrepreneurskap” dra, is in 2008 deur Dr. Alex Antonites, ? dosent aan Tukkies, gestig en mik daarna om enige en alle Tukkies studente te help om hul blink besigheidsdrome te realiseer. Perdeby praat met Dr. Antonites, Annemarie Grobbelaar, die programbestuurder, en Dane van Zyl, ? entrepreneur wat sukses behaal het met behulp van die Inkubator en nou ook daar werksaam is.

 

 

Wat bedoel julle by die naam Inkubator, hoekom dié woord?

 

Grobbelaar: Dis soos ? eier-inkubator.

Van Zyl: Ja, ons is ? fasiliteit wat jou idees laat groei. Studente kom na ons toe met ? basiese idee en ons voorsien hulle van die hulpbronne om die idee verder te voer en hopelik te laat werk.

 

Kan julle ? voorbeeld gee van ? hulpbron wat ? jong entrepreneur nodig het?

 

Grobelaar: Ons meet-en-pas die pakket vir die studente wat na ons toe kom. Sê nou maar jou idee vereis IT-kennis, dan kry ons vir jou iemand wat daarmee kan help. [Die professionele mense wat jou dan sal bystaan word “afrigters” deur die Inkubators genoem.] Ons het afrigters in IT, bemarking, menslike hulpbronbestuur en hopelik ook dié jaar in visuele kunste. [Grobelaar is ? tussenganger wat die entrepreneurs voorsien van die spesifieke afrigters wat hul nodig het.]

 

 

Is daar ? suksesstorie wat julle na aan die hart lê?

 

Grobbelaar: Sabelo Hlongwane het vir 2010 ? oulike asblik ontwerp. Omdat dit so moeilik is om asblikke te vervoer het Sabelo ? asblik ontwerp wat opvoubaar en weggooibaar is.

Van Zyl: Ja, dis van karton gemaak en kan aan lamppale en dies meer hang.

 

Wow, wat ? idee!

 

Van Zyl: Ons fokus ís meestal daarop om ouens deur die idee-fase [van entrepreneurskap] te dra. Toe ek en my vriende byvoorbeeld hierheen gekom het, het ons nie so baie ondervinding gehad in IT nie en dít is wat ons nodig gehad het vir ons besigheid. Die Inkubator het ? baie, baie bekwame IT-afrigter ingeroep en hy het saam met ons gewerk vir ? jaar en ons werklik gehelp.

 

 

Wat is julle vooruitsigte vir die Inkubator?

 

Dr Antonites: Ons plan en ons doelwit is om die briljante idees van studente te kommersialiseer. Ons fokus is op kwaliteit: ons vat slegs 40 student per jaar.

 

Geniet jy jou pos?

 

Grobbelaar: Ek geniet dit verskriklik baie, dis regtig inspirerend om al die kreatiewe mense met hierdie wonderlike idees en opgewondenheid rondom my te hê. 

 

 

Wat is die stappe wat ? student wat aan jul deur klop moet deurgaan voor hy of sy vir die program kan aanvaar word?

 

Grobbelaar: Hy skryf sy idee vir ons neer, dan gaan ons daar deur en evalueer dit. Dan nooi ons hom [of haar] vir ? onderhou van tien minute waar hy [of sy] ook ? vinnige voorlegging maak.

[Daarna word jou idee gekeur en jy, tesame met die afrigters, kan begin om jou idee in die Inkubator uit te broei.]

 

 

Hoekom  is entrepreneurskap belangrik in Suid Afrika?

 

Dr Antonites [grappenderwys]: Ons wil hê die mense moet verskriklik baie geld maak! Eintlik is dit drie goed: ons land sukkel met werkloosheid, ons ekonomiese groei is laag en studente kry nie werk na universiteit nie. Ons glo hierdie generasie, generasie Y, gaan hulle eie inkomste genereer en ons gaan help met dié proses.

Met net twee jaar agter die blad en dosyne suksesstories, beloof die Inkubator om uit te haal en te wys in die komende jare. Besoek hulle op die IntraWeb onder die Fakulteit Ekonomies en Bestuurswetenskap om deel te word van die entrepreneuriese entoesiasme.

Website | view posts