CHARLOTTE KEURIS

Hierdie jaar is vol groot sport gebeurtenisse, dus het Perdeby besluit om uit te vind waar die beste plekke in Pretoria is om sport te kyk. By al hierdie kuierplekke kan studente en hulle vriende sport kyk terwyl hulle `n bier of twee geniet.

Eastwoods Tavern

Eastwoods is een van die bekendste plekke in Pretoria en bestaan al tien jaar. Dit is net `n blok weg van Loftus wat dit `n perfekte plek maak vir sportliefhebbers. Studente kan hier sportwedstryde kyk terwyl hulle saam eet en drink. Dis ook `n lekker plek om voor of na `n wedstryd by Loftus te kuier en is elke naweek vol mense in hul rugby-truie.

Springbok Bar

Hierdie bar is baie gewild onder studente, omdat dit reg langs die universiteit en ook naby aan Hatfield Square is. Die bar is een van die lekkerste plekke om sport te kyk en het `n heerlike studente-atmosfeer. Die plek is nie net bekostigbaar nie, maar dit bied ook `n groot verskeidenheid lekker kos aan.  

Raging Bull Sports Lounge

Die sport kuierplek het alles wat `n sportliefhebber voor kan vra. Die lounge spog met drie snoekertafels, `n kroeg binne en buite en 16 televisies. Die lounge is bekend vir sy lekker kos en het `n ladies night elke Woensdag waar vrouens vir een drankie betaal en een verniet kry. Hierdie lounge vertoon daagliks `n groot verskeidenheid sporte en is `n kuierplek vir mense wat `n verskeidenheid sportsoorte wil kyk.

So kies `n kuierplek, gryp `n paar vriende en gaan geniet jouself terwyl jy jou span ondersteun.

Website | view posts