KRISTIEN POTGIETER
Jy is ? Sterretjie, Spikkel of Spriet, en die HK se woord is wet: die Square is so uit soos koekies in die weeshuis. Dis die naaste, beste, gerieflikste kuierplek en jy mag nie daarheen gaan nie. Waarheen nou? Perdeby het gaan ondersoek instel om die beste kuierplekke vir die nuwe Knolle of Welpies of Skerwe (of wat jy ook al is) te vind. Met behulp van hierdie gids hoef jy beslis nie op ? Donderdagaand by die koshuis te sit nie. Pas op net vir beneukte HK-lede wat jou kom uitvang ná inkomtyd.
Safari’s
Ligging: hoek van Lynnwoodweg en Rubidastraat
Safari’s vermom homself as ? kwekery gedurende die dag, maar in die aand word dit een van die gewildste eerstejaarsuithangplekke. Jy gaan ou pelle wat jy nooit sien nie hier raakloop. HK en seniors hang ook nie hier uit nie, so dis onwaarskynlik dat jy in hulle sal vasloop. Toegang is R5. Daar is verskeie areas om te sit en kuier, maar ook ? dansvloer waar die nuutste treffers gespeel word. Die grootste nadeel van Safari’s is die ligging. Dit is ver buite loopafstand van die universiteit, so ? DD (designated driver) is van kardinale belang. Happy hour (twee vir die prys van een) is van 00:00 tot 01:00.
Livingstone
Ligging: Burnettstraat (langs Huis Voortrekker)
Livingstone is ? rustige kroeg waar jy ook iets kan kry om te eet. Dit is nooit oorvol nie en die atmosfeeris ontspanne. Dit is ook die ideale plek om groot rugbywedstryde te kyk.
Springbok Bar
Ligging: oorkant Asterhof
Springbok het pooltafels, ? groot dansvloer en baie kuierplek. Die ligging is ideaal omdat dit naby aan al die dameskoshuise is. Hier is dit vroeg in die aand nog rustig, maar dit ontaard in ? behoorlike partytjie hoe later dit word. Kyk ook uit vir die specials wat hulle gereeld aanbied.
Net omdat jy ‘n eerstejaar is, beteken nie jy hoef droëbek by die koshuis te sit nie. Onthou net: as jy enigsins die volgende oggend daarvan beskuldig word dat jy ná inkomtyd buite die koshuis was, ontken altyd alles.