Afrikaners is plesierig en dan maak hulle só

by PDBY Staff | Oct 20, 2009 | Entertainment

ESTÉ CLAASSEN 

Kwaai Naai, Suid-Afrika se eerste hardcore Afrikaanse hygfliek, is onlangs deur Hustler en Loslyf by die Sexpo in Johannesburg vrygestel.

Johann Greeff van Funkyfrog Productions het ’n gaping in die mark gesien en het besluit om ’n kans te waag. Hy het die rolprent stilletjies in ’n gastehuis in Pretoria verfilm. Hy het aan Rapport gesê dat dit alles deel van die vermaaklikheidsbedryf is en dat hy daaruit wil geld maak.

Kwaai Naai duur meer as ’n uur en wys onder andere hoe ’n huisvrou ’n jong man wat haar swembad skoonmaak, verlei. Daar is ook lesbiese en groepseks-tonele te sien.

Daar word maar min Afrikaans gepraat, en dit wat wél gesê word, is uiters kras. Fliekmaker Greeff is glo familie van die plaaslike rocker Karen Zoid. Sy het hewig teen Greeff uitgevaar en gesê dat sy gekant is teen pornografie, veral omdat sy glo dat dit mense se lewens kan verwoes.

Greeff het aan Rapport gesê hy verwag dat Kwaai Naai ’n opskudding onder Afrikaners gaan veroorsaak, maar dat hy dit sal hanteer soos wat dit gebeur.

Daar is reeds sprake van ’n Kwaai Naai Vol 2, maar Greeff maak geen uitlatings daaroor nie.

Die DVD is nou by Hustler-winkels beskikbaar en sal jou beslis na jou asem laat snak.

Website | view posts