AfriForum Jeug bekommerd oor studente regte

by PDBY Staff | Mar 8, 2011 | News

CHRIS VAN DER MERWE

Op 3 Maart 2011 het AfriForum Jeug ‘n persverklaring, in die vorm van ‘n skynhof, op die gras, buite die Aula, gegee. Die skynhof het gehandel oor AfriForum Jeug, wat glo dat studenteregte gebrekkig beskerm word deur die bestuur van die Universiteit van Pretoria.

AfriForum Jeug voel dat daar mensregte in die grondwet is wat nie ingestel word by die Universiteit van Pretoria nie.

“Die manifes van die universiteit is nie volledig nie en daar is sekere regte wat nie erken word by UP nie” het Leonardo De Wet, ‘n lid van die takbestuur van AfriForum Jeug, gesê tydens die skynhof.

AfriForum Jeug het ‘n handves opgestel, wat hulle voel moet weerspieel word deur die Universiteit van Pretoria se handves. AfriForum het ook ‘n brief aan Prof. Speckman se kantoor voorgelê waarin AfriForum Jeug, hulle argumente uiteen lê.

“Daar is onduidelikheid oor taalregte en die regte van, byvoorbeeld, koshuisstudente met betrekking tot koshuistradisies” het Nikke Strydom, takvoorsitter van AfriForum Jeug, gesê in die media-kennisgewing wat AfriForum Jeug uitgereik het aan Perdeby.

AfriForum Jeug se plan vorentoe is onduidelik en hulle wag vir terugvoer van beide Prof. Speckman en die studente raad.

Website | view posts