2010: die moeite werd?

by PDBY Staff | Jun 2, 2010 | News

MARIÉ VAN WYK

 Daar was groot opwinding in die land toe ons deur FIFA se streng keuringsprosesse gekom het en as gasheer gekies is, maar kort daarna is wenkbroue skepties gelig. Suid-Afrikaners het begin wonder of Suid-Afrika regtig só ‘n groot geleentheid sal kan aanbied en of die land dit kan bekostig. Daar is diegene wat nogsteeds voel dat al die geld wat aan die Sokker Wêreldbeker spandeer word, beter bestee kon word op byvoorbeeld onderwys, dienslewering of behuising. Sou dit nodig wees vir Eskom (dus Suid-Afrika) om $3,75 miljard (ongeveer R27,7 miljard) by die Wêreldbank te leen om nuwe kragstasies te bou as ons nie die 2010 Sokker Wêreldbeker aangebied het nie?

Vandat Suid-Afrika in 2004 aangewys is as die land wat die 2010 FIFA Sokker Wêreldbeker gaan aanbied, is daar begin beplan, met ? finale begroting in 2008 van R19,4 miljard, om van die geleentheid ? sukses te maak. Die begroting is daarna weer aangepas met ? onbekende bedrag. Stadions is opgerig, hotelle is gebou, paaie is verbeter en landingstroke is verleng. Suid-Afrika se hele infrastruktuur is verbeter vir een maand van pret en plesier onder die Afrika-son

Tog kan ons nie ontken dat die Sokker Wêreldbeker ook baie voordelig vir Suid-Afrika sal wees nie. Daar word ongeveer drie miljoen toeriste gedurende die toernooi, wat 40% meer is as die algemene jaarlikse gemiddeld, verwag. Dit is ? groot advertensie vir Suid-Afrika en mag miskien meer toeriste in die toekoms lok. Die voorbereiding en toernooi het vir 159 000 mense werk geskep, wat werkloosheid, ? groot probleem in Suid-Afrika, verminder. Daar word verwag dat die toeriste ongeveer R21,3 miljard in Suid-Afrika se ekonomie sal inpomp.

Maar is dit genoeg om die onkostes te dek?

In 2006 het die voormalige president, Thabo Mbeki, in sy staatsrede by die opening van die Parlement gesê dat die Wêreldbeker nie net vir Suid-Afrika sosio-ekonomiese waarde inhou nie, maar dat dit ? bate sal wees vir die ontwikkeling van die Afrika-kontinent as geheel. Hy was ook van mening dat as gevolg van al hierdie voordele, is Suid-Afrika dit verskuldig aan FIFA en al die sokkerliefhebbers in die wêreld om die beste Sokker Wêreldbeker binne ons vermoë aan te bied.

Daar word amptelik tien stadions, wat in die nege hoofstede van Suid-Afrika geleë is, vir die toernooi gebruik. Vier stadions, naamlik Groenpunt in Kaapstad, Moses Mabhida in Durban, Mbombela in Nelspruit en Nelson Mandela Bay in Port Elizabeth, is nuut gebou vir die Wêreldbeker en al die ander stadions het verbeterings ondergaan om aan die vereistes van FIFA te voldoen. Al die nuwe stadions kan vir meer as een sportsoort gebruik word en is ook ingerig vir groot vermaaklikheidsgeleenthede wat daar gehou kan word, juis om te verseker dat hulle nie wit olifante word nie. Maar, die vraag bly tog staan of Suid-Afrika regtig ? stadion wat 49500 mense sit in Port Elizabeth, in die Oos-Kaap wat ons land se armste provinsie is, nodig gehad het?

Na ses jaar se voorbereiding en beplanning sien die land uit na11 Junie wanneer die afskopfluitjie die begin van die 2010 Sokker Wêreldbeker gaan aankondig. Of die Wêreldbeker werklik aan almal se verwagtinge sal voldoen en of dit die moeite en die geld werd was, gaan ons in spanning moet wag om uit te vind.

Website | view posts