LAURA SCHLEBUSCH
Produksiemotor renjaer en Tuks student Gennaro Bonafede het gou die aandag van die Suid-Afrikaanse motorsport wêreld getrek na sy eerste senior kring wedloop in 2010. Perdeby het die spoed meester vasgevang om te sien wat sy enjin maak loop.
1. Hoe het jy by motorsport betrokke geword? My pa was betrokke met motorsport vir 30 jaar en daarom het ek as `n kind met go-karts betrokke geword.
2. Is daar baie opleiding wat mens benodig vir hierdie sport ? Dit is belangrik om fiks te wees, want om `n renjaer te wees neem dit baie konsentrasie in die lang wedstryde.
3. Hoe dikwels het jy resies? Ons het 9 wedren naweke gedurende die jaar vanaf Maart tot November.
4. Wat is jou doelwitte vir die 2011 seisoen? Om die Suid-Afrikaanse Bridgestone Produksiemotor Kampioen te wees.
5. Is daar ‘n spesifieke geval wat jy baie uitsien? Ek sien daarna uit elke keer wat ek in my motor kan klim.
6. Wat is jou grootste prestasie soveer? Ek het vierde plek in die Karting World Championships in Italië in 2007 gekry.
7. Hoe vind jy `n balans tussen jou wedrenne, studies en jou sosiale lewe? Wanneer dit tyd is om te studeer, is dit tyd vir net dit – en die sele tel vir my wedrenne en my sosiale lewe.
8. Wat het hierdie jou sport van keuse gemaak? Die adrenalien en die feit dat ek borge gekry het (Ferodo Brakes en Monster Energie) wie ek verteenwoordig.
9. Wie is jou sport held? Oscar Pistorius. 10. Wat is jou resep vir sukses? Jy moet hard werk om hard te kan kuier.
11. Wat is jou motto vir die lewe? “Passie is die geboorteplek van sukses.”