TALITA CALITZ

Dit is die begin van nog ‘n jaar en die perfekte tyd om van die vorige jaar se floppe te vergeet. As Tuks Jool nie jou van al jou sorge laat vergeet nie, sal niks nie. Die groot fees het op 29 Januarie op die Tukkies Joolplaas afgeskop.

 Jack Parow het die groot kuier ingelei. Alhoewel die skare aan die begin maar yl was, het die gronde vinnig teen aand se tyd vol gestroom. Bands soos New Holland, Thieve, Ashtray Electric, Straatligkinders, Alleen na Desember en Die Tuin Dwergies het skare op en af laat spring. Die grootste afwagting vir die aand was Die Heuwels Fantasties wat almal se aandag op hulle melodieë gehad het. Perdebyhet “up close and personal” met die bands gaan praat en sommige van die musikante laat bloos.

 DIE HEUWELS FANTASTIES

Ons het gehoor dat julle ‘n kasset in plaas van ‘n CD in die nabye toekoms wil vrystel. Is dit so?

Ja, ons wil graag ‘n kassetspeler met ‘n USB-poort vrystel. Dit is ‘n eksperimentele konsep wat ons het. Op die oomblik is dit nog te duur, maar ons sal dit definitief nog doen.

As julle ‘n drankie kon wees, watter soort sou julle wees en wie se lippe moet aan julle drink?

Dom Perignon Rosé. Jay Z en Beyoncé kan maar altwee aan my drink.

Besit een van julle iets vernederend waarvan min mense weet?

Hunter [kitaar]: Pierre het vir my ‘n Wolverine-masker gegee                                                              

Pierre [sang]: Hunter het vir my tattoo printed silk stocking sleeves gegee.

Saam met watter Suid-Afrikaanse politieke leier wil julle in ’n jacuzzi wees?

Helen Zille en Jacob Zuma op dieselfde tyd, terwyl ons “let’s get it on” sing!

Was een van julle al ooit in die tronk gewees?

Pierre: Nee, ek is te slim vir daai k*k.

Hunter: ‘n Polisieman het my eenkeer deursoek en ‘n groen blokkie in ‘n plastiek sakkie in my sak gekry, hy het gedink dit is dagga of iets. Dit was eintlik ‘n ou blokkie kaas.

Wat is die sexyste ding wat iemand al vir julle gesê het?

Pierre: “Baby, ek like jou nes jy is, my hart klop tjoklits as jy naby is” … sing ek gereeld vir myself.

THIEVE

Here at TuksRag it has become widely known that guys and girls get drunk and one thing might lead to another … What do you think about the fact that condoms are freely available at the festival?

These condoms are shit. If you love your girl go buy proper condoms! Are they strawberry flavoured?

You guys are from Bellville, Stellenbosch and around Cape Town along with Die Heuwels Fantasties, Ashtray Electric, aKING and so on. Do you guys compete or are you all friends?

Most of us have lived in the same house. We are all buddies and there are no bad vibes.

Does one of you own something embarrassing that few people know about?

Fred [guitar]: Yes, a Westlife CD.

Andrew [vocals and bass]: A Debonairs delivery uniform.

Which South African politician would you want to be in a Jacuzzi with?

Tony Leon, he has a lekker d**k.

When were you the most intoxicated?

Andrew: When I lost my virginity.

DIE TUIN DWERGIES

Jean [dromme] en Emile [kitaar en sang], julle pa is die bekende musikant André Swiegers. Word julle baie met hom vergelyk en het hy ‘n groot invloed op julle loopbaan?

Nee, ons word nie met hom vergelyk nie, maar hy het ‘n invloed op ons. Hy speel partykeer saam met ons in die band op die verhoog.

Wat sal julle met julle laaste R20 doen?

Petrol ingooi, ‘n pakkie tien Camel Lights-sigarette koop en dalk ‘n Lotto ticket koop.

Besit een van julle iets vernederend waarvan min mense weet?

Ja, Spiderman-beddegoed. As ek meisies oornooi moet hulle van Spiderman hou, anders is hulle nie welkom nie.

Wat is die sexyste ding wat iemand al vir julle gese het?

“Kom wys my waar is jou bakkie” en “Jy het ‘n gat in jou broek.”

Wat is die beste ding wat uit die laaste dekade gekom het?

Die Gautrein, Playstation 3 en Animal Planet.

ASHTRAY ELECTRIC

Wat is die sexyste ding wat iemand al vir julle gesê het?

Ons kry nie sulke goed nie, maar iemand het al gesê my snor laat my soos ‘n porn star lyk.

Wat is die dronkste wat julle al was?

Ons het by Mystic Boer in Bloemfontein gekuier en daar was te veel Jägermeister betrokke. Ons het in die van uitgepass en toe ons wakker word is die van twee bloke verder van waar ons eintlik parkeer en uitgepass het. Ons weet nou nog nie hoe dit gebeur het nie.

Watter album kan julle nie sonder lewe nie?

Radiohead: Kid A, Deftones: White Pony en enige Foo Fighters-album.

Watter liedjie/sanger op die radio hou julle op die oomblik niks van nie?

Leanie May; sy is ‘n skande vir Afrikaanse musiek. Sy sing Afrikaans, maar al die woorde in haar liedjies wat rym is Engels. Black Eyed Peas en al hulle nuwe liedjies maak mens naar.

ALLEEN NA DESEMBER

Saam met watter Suid-Afrikaanse politieke leier wil julle in’n jacuzzi wees?

Jacob Zuma en sy drie vrouens.

Watter liedjie/sanger op die radio hou julle op die oomblik niks van nie?

Jack Parow, Mika en Ray Dylan.

Wat is die drie belangrikste dinge in julle lewe?

Meisies, meisies en nog meisies! Kitaar, sigarette en Black Label, maar my ma ook.

As julle ‘n drankie kon wees, watter soort sou julle wees en wie se lippe moet aan julle drink?

Jägermeister of ‘n Sex on the Beach-cocktail met Megan Fox se lippe.

Besit een van julle iets vernederend waarvan min mense weet?

Ja, Francois se hande. Dit is freaky.

NEW HOLLAND

TeeJay, your hairdo is quite revolutionary here in South Africa. How do you feel about the fact that guys are copying it? What is your daily hair routine?

I have got no problem with guys copying me, I don’t give a s**t – they should just be themselves. My hair routine is basically waking up in the morning.

If you were a drink, what kind would you be and who would you want sipping on you?

Gin and tonic. Nelson Mandela.

What are the three worst things in your life?

Oprah Winfrey, South African internet (it’s slow) and André from Ashtray Electric …

Does one of you own something embarrassing that few people know about?

A Celine Dion CD.

What is the sexiest thing someone has ever said to you?

Nothing, we are all virgins.