Te veel van `n lekker ding is `n slegte ding

by PDBY Staff | Oct 27, 2011 | News

Seks, kos, en drank. Perdeby het `n ondersoek ingestel oor die sorgvuldige gebruik, behandeling en nagevolge van alkohol, seksuele aktiwiteite, dagga en sommige voedselsoorte.

MIGNON PEENS

Seks, kos, en drank. `n Hele paar lekker dinge in die lewe kan ongelukkig gevaarlik wees indien mens nie versigtig is wanneer jy gebruik maak daarvan nie. Om spesifiek te wees, is seksuele oordraagbare siektes (SOSe), voedselvergiftiging, alkohol vergiftiging en babelas eintlik ter sprake. Dr. Erwin Lingenfelder by Hatfield Med, sien daagliks studente wat in die moeilikheid beland en het vir Perdeby gesê: “`n Student is `n wonderlike kreatuur en ons hoop maar hul oorleef universiteit.”

Studente is mal oor hierdie plesiere, maar het ironies genoeg nie `n benul oor hoe om gevaar te vermy nie, en wat om te doen indien iets fout gaan nie. Dwaasheid op sy beste is immers om jouself blind te hou vir die feit dat dinge lelik skeef kan loop. So, as jy seksueel aktief is, gebruik maak van dagga, alkohol en so meer, maak dan seker jy beskik oor die nodige kennis daaroor. Perdeby het `n ondersoek ingestel oor die sorgvuldige gebruik, behandeling en nagevolge van alkohol, seksuele aktiwiteite, dagga en sommige voedselsoorte.

Hoe gevaarlik kan kos nou regtig wees?

Enige boek oor voedsel stipuleer dat “mens is wat jy eet” en, in meestegevalle, kan dit wat jy in jou keel afdruk, allerhande voedselverwante siektes meebring.

Volgens nasorg en statistieke gedoen deur Centers for Disease Control and prevention (CDC) is voedselvergiftiging baie algemeen onder studente in Suid-Afrika. En verder is ongeveer een uit elke ses Amerikaners word jaarliks siek as gevolg van voedselvergiftiging.

Hoe weet mens dis voedselvergiftiging?

Simptome van voedselvergiftiging is hoofsaaklik koors, diarree en maagpyn wat meestal veroorsaak word deur bakterieë binne die ingewande van voëls en meeste rou pluimvee, byvoorbeeld halfgaar hoender.

Jou ma het jou geleer om jou hande te was voor jy eet met goeie rede. `n Ander tipe voedselvergiftiging wat se simptome hoofsaaklik bestaan uit braking, diarree en gastro-intestinale ongemak wat tot twee dae lank duur, kan ook aangesteek word van een geïnfekteerde mens na `n ander. Dus, moet mens maar vol fiemies wees oor waar jou kos vandaan kom en die verval datum van die bestanddele.

Hoe behandel mens voedselvergiftiging?

Wel, dit hang als af van die simptome. Oor die algemeen word daar aanbeveel dat mens baie water drink en elektroliete inneem aangesien mens gedehidreer word as gevolg van braking en diarree.

Mens moet ook eerder antidiarree medikasie vermy wanneer jy koors het, aangesien dit moontlik jou toestand kan vererger. Kosse wat die produkte van verskillende tipe diere meng soos rou melk, rou eier, rou skulpvis, rou vleis en biefstuk is besonder gevaarlik met die dat `n patogeen teenwoordig in enige van die diere kan byvoorbeeld `n hele hamburger kontamineer. Gelukkig duur meeste voedselvergiftig gevalle slegs twee tot drie dae lank, so as jou simptome langer aanhou sal dit wys wees om `n dokter te konsulteer, want dan is daar heelwaarskynlik iets anders fout met jou.

Hoo-haa vir SOSe!

Ander nagevolge van `n student se gekkeparadys sluit in seksuele oordraagbare siektes. Gelukkig is meeste SOSe maklik om te behandel en te genees en kan verhoed word deur eenvoudige metodes soos om `n kondoom te gebruik en deur bloot die regte medikasie te kry, maar om dit te doen moet mens eers die SOS’e kan identifiseer.

Kan jy die drie mees algemene SOSe identifiseer?

Eerstens kyk ons na die SOS wat meeste voorkom naamlik die Menslike Papillomavirus (HPV) waarvoor daar ongelukkig geen kuur is nie, maar gaan ongeveer 90% van die tyd op sy eie weg. Dit kan geïdentifiseer word deur genitale vratte en die beste manier om hierdie siekte te voorkom is om die entstof te neem voor blootstelling.

Tweedens op die lys is Genitale herpes wat volgens statistieke ongeveer een in elke vyf Amerikaners raak met byna `n miljoen nuwe gevalle wat aangemeld word elke jaar. Die bekendste simptoom van hierdie siekte is pynlike blase om jou geslagsdele en in jou mond en is grootliks te wyte aan direkte kontak, al is die blase nie sigbaar nie. Alhoewel die siekte ongeneesbaar is, kan uitbarstings behandel word of selfs voorkom word deur middel van medikasie.

Derdens is dit Chlamydia wat die volopste aangemeld word, volgens statistieke van Center for Disease Control. Hierdie siekte vertraag die urienweg en voortplantingsorgane en kan in meer ernstige siektes soos Pelviese Inflammatoriese siekte, artritis en ooginfeksies ontaard indien dit nie behandel word nie. Dit kan identifiseer word deur `n kombinasie van die volgende simptome: abdominale pyn, pyn gedurende seks en urinering, koors, geïrriteerde vel wat jeuk, vel wat brand met `n groenerige uitslag. Dit kan minstens maklik behandel kan word met antibiotika. Alhoewel die simptome met tye nie sigbaar of teenwoordig is nie, word daar aangeraai dat jy die dokter besoek vir `n gereelde ondersoek, veral as jy onbeskermde seks gehad het of steeds daarmee voortgaan.

Alkoholvergiftiging: kan jy dink voor jy drink?

Die welbekende simptome van alkoholvergiftiging bestaan hoofsaaklik uit naarheid, braking en bewerigheid, omdat jou liggaam die alkohol afkeur. Dit is dus `n goeie plan om te braak wanneer jy naar voel en toksiene uit jou sisteem uit te kry.

So, wat is babelas nou eintlik en wat kan mens doen daaroor?

Eenvoudig gestel is dit jy wat gedehidreer is en dus is jy vol toksiene met te min liggaamlike vloeistowwe en soute. Volgens The Drunk Pirate se “Definitive Drinking Guide” en “Herbs Hands Healing”, is die volgende die beste babelas kure: drink `n bottel 64 oz lemon-lime gastrade en eet baie stysel voor jy gaan slaap om die alkohol te absorbeer, drink elektroliete om jouself te hidreer, neem pille vir naarheid aangesien alkohol jou lewer aantas, en eet oats vir ontbyt.

Wat het Tukkies te sê oor babelas?

`n Goeie babelas kuur is van kardinale belang vir enige student en daarom het Perdeby `n paar Tukkies gevra om hulle metodes te deel. Andries Louw, eerstejaar BCom ekonomie student het gesê: “Eet appels, want dis vol vitamines en fitochemikalieë wat jou lewer help om ontslae te raak van toksiene en gifstowwe.” Dan het Cobus Theart, `n finale jaar Bcom rek student, te sê: “My vriende reken mens sluk `n babelas bier of tomato cocktail dan maak die wêreld weer sin.”

Riena van Nieker, `n eerstejaar Bsc Verbruikerswetenskappe student, is oortuig dat die volgende help: “Eet `n greasy Wimpy ontbyt en legendariese cream soda.” En verder, het Geoffory Barwise, `n derdejaar ingenieurswese student gesê: “Sluk twee liter water en pynpille net voor jy gaan slaap.”

Wanneer dit kom by babelas, voedselvergiftiging, seksuele oordraagbare siektes en so meer, moet mens die gesegde in gedagte hou dat een gram van voorkoming gelykstaande is aan `n ton kure en metodes. Daarom, is die belangrikste stelling wat studente moet begryp en bemeester om eerder die bogenoemde te verhoed deur die nodige kennis op te doen in stede daarvan om die nagevolge van jou onverantwoordelike aksies te moet oplos.

Photo:Jonty de la Hunt

Website | view posts