Slim vang sy baas

by PDBY Staff | Aug 17, 2011 | News

MIGNON PEENS

 

Menigte studente maak gebruik van een of ander studiehulpmiddel om op en wakker te wees terwyl hulle studeer en wil vanselfsprekend in staat wees om tot die beste van hul vermoë tekanfokus en onthou wat hul leer. Maar universiteit is dikwels `n kwessie van te veel werk en te min tyd. Die uitputtende lewenstyl van studeer en kuier het `n afhanklikheid van energiewekkers gekweek en gevolglik ook die idee dat mens nie meer daarsonderkanklaarkom nie.

Is studente egter bewus van die byna eindelose lys van newe-effekte (waarvan depressie, selfmoordneigings, angstigheid, slapeloosheid, aknee, chroniese pyne, naarheid, paranoia, psigose, duiseligheid en aggressie net `n paar is) wat met sekere konsentrasiehulpmiddels gepaardgaan? Of word hierdie middels uit blote onkunde gebruik?

Deesdae is die welbekende matige hulpmiddels wat jou wakker hou, soos Bioplus, koffie, energiedrankies en vita-thion, nie meer effektief genoeg vir studente nie.

Tydens eksamens en selfs semestertoetse word die gebruik van gevaarlike ADHD (Attention Deficit Hyperactivity Syndrome) medikasie, waarvan Ritalin die gewildste is, al hoe meer algemeen. Die National Institute on Drug Abuse (NIDA) het vasgestel dat, naas dagga, Ritalin die gewildste keuse van gewoontevormende medikasie of dwelms onder studente gedurende hierdie tye is. Verfynde Ritalin-tablette word ook soms gesnuif en hierdie middelmisbruik het al in menigte gevalle tot studente se dood gelei. Ritalinkandieselfde effek op `n normale student hê as `n “upper” met dié dat dit jou dopamienvlakke (die hormoon wat jou gelukkig laat voel) laat styg tot so `n mate dat jy hoog word.

Perdeby het met verskeie Tukkies oor die gebruik van Ritalin en soortgelyke medikasie, veral onder koshuisstudente, gepraat om die erns van die saak vas te stel. Volgens Louw van Deventer, `n BCom Bourekeningkunde student van Maroela, was daar `n drastiese toename in die gewildheid van Ritalin-gebruik in die koshuis tydens eksamentye. “Die Ritalin het my brein wakker gehou, ek wou heeltyd swot en kon nie slaap nie,” beweer`n eerstejaar besigheidsbestuur koshuisstudent wat verkies om anoniem te bly. Hy het ook aan Perdeby erken dat hy oningelig was oor die gesondheidsgevare wat Ritalin inhou en dat dit deur koshuisvriende aan hom aanbeveel is.

Perdeby het met `n goed ingeligte finalejaar BA-student gesels, wat al met verskeie dwelms en medikasie eksperimenteer het. “Dis die maklikste ding in die wêreld om te deurnag en te swot as jy `n Ritalin-tablet crush en snuif. `n ‘Upper’ drug met speed, coke, cat, Ritalin en ander stuff in, werk ook soos `n bom en MDMA ecstasy,  maar wat ook al jy doen, moet net nie probeer swot op dagga nie.”

ADHD-medikasie is uiters verslawend en Ritalin is deur die Drug Education Agency (DEA) op dieselfde verslawingsvlak as kokaïen en opium geklassifiseer. Ritalinkanop voorskrif bekom word nadat jy gediagnoseer is met ADHD of selfs indien jy net `n matige gebrek aan konsentrasie en leerprobleme ondervind. Hou egter in gedagte dat `n ADHD-diagnose nie absoluut wetenskaplik akkuraat is nie. Wat sake ironies genoeg verder bemoeilik, is dat die lys van simptome om ADHD te diagnoseer ooreenstem met van die karaktereienskappe gebruik om `n begaafde individu te identifiseer.

Verskeie organisasies poog om die direkte oorsake van Ritalin-gebruik, soos selfmoord en depressie, onder die publiek se aandag te bring.

Daar is verskeie veilige alternatiewe vir konsentrasiemiddels wat studente tydens eksamens en toetse kanoorweeg. Deur `n proefneming te doen het Perdeby vasgestel dat universiteitstudente wat onskadelike medikasie met die naam van Flavay Plus gebruik minder stres beleef, meer verstandig is, kalmer is en `n stabiele gemoedstemming tydens toetse handhaaf.

Photo: Gerhard Louw

Website | view posts