SIMONE VENTER
“I’m a Barbie girl, in a Barbie world …”
? Bekende, saamsingliedjie (erken dit maar, almal het al op ? karaoke-aand dié lirieke uit volle bors gesing) oor die legendariese blonde plastiekpop (nee, nie Paris Hilton nie) wat vir jare al ? permanente plek in die alledaagse samelewing ingeneem het. Op 9 Maart 2010 het hierdie ikoon haar 51ste bestaansjaar gevier. Perdeby het bietjie in die agtergrond en geskiedenis van Barbie gaan krap om meer van haar uit te vind.
Ruth Handler en Mattel Inc was verantwoordelik vir die onstaan, bemarking en verkoop van Barbie. Elliot en Ruth Handler het saam met Harold Mattson hulle eie besigheid begin, naamlik Mattel Inc, waar hulle houtrame verkoop het. Van die stukke hout wat oorgebly het, is deur Elliot gebruik om stoele, beddens, tafels en ander meubels vir poppe te maak. Na die wegholsukses daarvan (dit het van die rakke afgevlieg en ? aansienlike groter wins as die rame ingebring), het hulle besluit om hulle eie speelgoedwinkel te begin waar alles self deur hulle gemaak en bemark word. Ruth het, nadat sy gesien het hoe haar dogter met haar poppe speel, gedink dat ? plastiekpop met die lyf van ? volwassene die volgende groot ding in terme van kinderspeelgoed kan wees, al was haar man baie skepties daaroor. Met die plastiekpop in die agterkant van haar kop en die ontdekking van die Duitse Bild Lilli pop (? pop wat nie op kinders gemik was nie, maar as ? grap vir volwassenes) was sy net meer oortuig van die moontlike sukses van haar idee. Sy het die hele voorkoms van die pop verander en Barbie op 9 Maart 1959 in New York bekendgestel. Die reaksie was ongelooflik.
Volgens haar biografie en ? reeks boeke wat in die sestigerjare deur Random House gepubliseer is, is Barbie se volle name Barbie Millicent Roberts en kom sy van Wisconsin. Haar kêrel Ken Roberts het in 1961 ook sy verskyning gemaak en hulle is deesdae nogsteeds saam, al het hulle in 2004 in ? persverklaring aangekondig dat hulle paadjies gaan skei. Haar vriende en familie, wat stelselmatig bygekoop kan word, sluit in Skipper, Christie, Steven, Todd, Stacie, Kelly, Krissy en Francie.
Barbie het ook al ? baie kontroversiële rol ingeneem deur die jare. As gevolg van haar onrealistiese figuur het baie mense geglo dat meisies ? wanindruk sal kry van hoe hulle moet lyk en dat dit na meer gevalle van anoreksie kan lei. Sy sal volgens berekeninge sowat 5’9 (omtrent 176cm) lank en omtrent 15 kg ondergewig wees vir iemand van haar lengte. Volgens ? berig deur Rebecca Leung vir CBS News, kan hierdie wanindruk van die vroulike figuur aanleiding gee tot Barbie-sindroom, ? intense begeerte om fisies soos Barbie te lyk en te lewe. Mense wat aan hierdie sindroom ly, spandeer duisende op plastiese sjirurgie, naamsveranderings – hulle skep ? nuwe identiteit. Bekendes wat blykbaar aan die sindroom ly sluit in Pamela Anderson, Victoria Silvstedt en baie van die Playboy bunnies. Soortgelyk kan mans ook lei aan Ken-sindroom: ? strewe om so aantreklik en sjarmant as Barbie se wederhelfte te wees.
Barbie het ook in die laat sestigerjare deur die kleurgrense gebreek. Coloured Francie het in 1967 verskyn en word deur baie gesien as die eerste Afro-Amerikaans pop alhoewel daar steeds baie twis was oor haar voorkoms.Daar is ook ? Moslem Barbie, Razanne, deesdae op die rakke te sien. Van die vreemder Barbies wat die lig gesien het, is Zombie Barbie, Swanger Barbie, Prinses Unicorn, Oreo Barbie, Vet Barbie en tot ? Barbie in ? rolstoel.
Alhoewel Barbie die afgelope paar dekades ? ampere monopolie op die mark gehad het, het alles verander met die vrystelling van die Bratz-poppe, iets wat Barbie se bootjie amper gekelder het. Bratz, wat in 2001 vrygestel is, het in 2004, volgens BBC News, die mark oorgeneem met ? 130% styging in hul verkope. Omdat die Bratz-poppe as meer modern en funky beskou is, het van die ouer meisies meer aanklank by hulle gevind. Na die vrystelling van hulle fliek, het Bratz se populariteit verdubbel.
In September 2009 het Mattel die “So in Style”-reeks bekendgestel wat poog om ? meer realistiese weergawe te skep. Barbie se rol en voorkoms het drasties verander om aan te pas by die nuwe generasies en die dinge wat vir hulle aantreklik en aanneemlik is. Selfs verskeie bekendes, soos Angelina Jolie, Hillary Duff en Elvis, het ? Barbie of twee wat in hulle gelykenis geskep is.
Barbie bly ? legende. Sy het meisies leer droom, hoe om hulle verbeeldings te gebruik en om hulself te verloor in die fantasie van die oomblik. Barbie maak al vir 51 jaar v? impak op baie lewens en hopelik sal die nalatenskap vir nog 51 jaar en meer voortgedra word.